'n Ligsinnige mens hou nie daarvan dat hy tereggewys word nie; hy word nie 'n wyse mens nie. Blydskap laat 'n mens se gesig straal; smart maak 'n mens terneergedruk. 'n Verstandige mens is op soek na kennis; 'n dwaas voed homself met dwaasheid. Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees. Liewer min hê en die Here dien as groot rykdom en bekommernis daaroor. Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby as 'n vetgemaakte os en haat daarby. 'n Humeurige mens soek skoor; 'n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld. 'n Luiaard se pad is met dorings besaai; 'n opregte mens het 'n gelyk pad. 'n Wyse seun maak sy ouers bly, 'n dwase mens minag hulle. Iemand wat verstand kortkom, vind vreugde in sy dwaasheid; 'n mens met insig leef reg. Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is. 'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die regte woord op die regte tyd? 'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder.
Lees SPREUKE 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 15:12-24
7 Dae
Almal van ons kan getuig van mislukkings in ons lewens. Soms is dit iets kleins en die gevolge is nie noemenswaardig nie, maar ander kere het ons mislukkings geweldige gevolge. Mislukkings kom altyd saam met baie emosies. Dikwels is hierdie emosies in onwaarhede geanker. As Christene moet ons leer om saam met mislukking te lewe, dit te gebruik om geestelik te groei en in oorwinning daaroor te lewe.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's