'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam. Die woorde van wyse mense maak kennis iets begeerliks; dwase mense sê net dwase dinge. Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. 'n Dwaas verag wat sy vader hom leer; wie hom laat teregwys, is verstandig. In die huis van die regverdige is daar groot rykdom; die inkomste van die goddelose is vir hom tot nadeel. Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê; dwase het verdraaide opvattings. Die Here het 'n afsku van die offers van goddeloses, maar Hy aanvaar die gebede van opregtes. Die Here het 'n afsku van die lewenswyse van goddeloses; maar Hy het dié lief wat volgens sy wil lewe. Wie die regte pad verlaat, sal swaar gestraf word; wie teregwysing haat, sal sterf. Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel minder die gedagtes van mense.
Lees SPREUKE 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 15:1-11
10 dae
Vergifnis is een van die belangrikste sake in die Skrif. Ons evangelie is 'n evangelie van vergifnis. God vergewe ons sonde. Jesus is ons Verlosser van sonde. As Christene sukkel ons egter dikwels om ander te vergewe. Hier word 'n aantal tipes vergifnis bespreek. Dieselfde Jesus Christus wil jou vry maak van jou probleem om te vergewe.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's