Die waarheid hou vir altyd, die leuen net 'n oomblik. Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is; dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed, doen dit met vreugde. Geen leed sal die regverdige tref nie; goddeloses beleef ramp op ramp. Die Here het 'n afsku van leuenaars; Hy hou van betroubare mense. 'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie; dwase basuin hulle dwaasheid uit. Hardwerkende mense kom in magsposisies; lui mense word dwangarbeiders. Bekommernis druk 'n mens neer; 'n vriendelike woord vrolik hom op. Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur 'n vriend; die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies. Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie; 'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings. Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe, dit is 'n pad wat nie na die dood lei nie.
Lees SPREUKE 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 12:19-28
5 Days
The opposite of mastery is mediocrity, and mediocrity is nothing less than a failure of love and a misrepresentation of the image of God. In this Plan, you’ll explore why Christians should have the highest standards of excellence in our work, what we should be looking for in our “one thing,” and how you can achieve mastery of your vocation for the glory of God and the good of others.
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's