OBADJA 1:19-21

OBADJA 1:19-21 AFR83

Mense uit die Suidland sal die bergland van Esau in besit neem, mense uit die Laeveld die gebied van die Filistyne. Jakob sal die Efraimsvelde in besit neem, en die veld van Samaria, Benjamin en Gilead. Dieselfde Israeliete wat in ballingskap weggevoer is, sal Kanaän in besit neem tot by Sarfat; die mense van Jerusalem wat nou ballinge in Sefarad is, sal die stede in die Suidland in besit neem. Die bevrydes op Sionsberg sal optrek om oor die bergland van Esau te regeer, en die heerskappy sal aan die Here behoort.