OBADJA 1:15-18

OBADJA 1:15-18 AFR83

Die dag van die Here is naby, naby vir al die nasies. Wat jy gedoen het, Edom, sal aan jou gedoen word, jou dade sal op jou eie kop afkom. Soos julle, my volk Jakob, die oordeelsbeker moes drink op my heilige berg, so sal die ander nasies dit drink, maar sonder ophou, hulle sal drink en sluk, en hulle sal word asof hulle nooit bestaan het nie. Maar op Sionsberg sal daar uitkoms kom, dit sal weer 'n heilige plek wees. Die volk van Jakob sal weer in besit neem wat aan hom behoort. Die volk van Jakob sal die vuur wees, die volk van Josef die vlam, en die volk van Esau die strooi: Josef sal hom brand en hom verteer, en van die volk van Esau sal niemand oorbly nie. Die Here het dit gesê.