OBADJA 1:1
OBADJA 1:1 AFR83
Die openbaring wat Obadja ontvang het. So sê die Here my God oor Edom: Ons het 'n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is 'n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê: “Maak klaar, kom ons gaan maak oorlog teen Edom!”


