NUMERI 21:16-18

NUMERI 21:16-18 AFR83

Daarvandaan het Israel verder getrek tot by Beër. Dit is die Beër waar die Here vir Moses gesê het: “Laat die volk bymekaarkom en Ek sal vir hulle water uit die put gee.” Israel het toe hierdie lied gesing: “Put, lewer jou water, en ons sal daarvan sing! Put wat deur leiers gegrawe is, wat deur vernames van die volk oopgemaak is met septer en kierie.”