NEHEMIA 9:19-21

NEHEMIA 9:19-21 AFR83

het U in u groot barmhartigheid hulle nie in die woestyn gelos nie. Die wolkkolom het bedags nie van hulle af weggedraai nie maar hulle op die pad bly lei; die vuurkolom was snags daar om vir hulle lig te maak op die pad waar hulle langs moes trek. U het u goeie Gees gegee om hulle te onderrig, U het u manna nie van hulle teruggehou nie, U het vir hulle water gegee vir hulle dors. Veertig jaar lank het U vir hulle gesorg, hulle het niks kortgekom in die woestyn nie. Hulle klere het nie verslyt nie, hulle voete het nie geswel nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor NEHEMIA 9:19-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid