Sekere mense en hulle vrouens het 'n ernstige klag teen hulle Judese volksgenote ingebring. Party het gesê: “Ons, ons seuns en ons dogters is baie. Ons moet koring in die hande kry om te eet en te lewe.” Party het gesê: “Ons moes vanweë die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.” Party het gesê: “Ons moes geld leen om aan die koning die belasting op ons lande en ons wingerde te betaal. Ons en ons volksgenote, hulle seuns en ons seuns, is tog één, maar óns moet van ons seuns en ons dogters laat slawe word. Van ons dogters is al klaar slawe, en ons kan daar niks aan doen nie, want ons lande en ons wingerde is in ander se hande.” Ek was hewig ontsteld toe ek dié klag en dié beskuldigings hoor. Na ek dit oorweeg het, het ek die skuld op die vooraanstaande burgers en die ampsdraers gelê en vir hulle gesê: “Julle is besig om julle volksgenote uit te buit!” Ek het bowendien 'n groot volksvergadering belê om hulle aan die man te bring
Lees NEHEMIA 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: NEHEMIA 5:1-7
7 days
You might not be able to change the whole world, but you can change your part of it. What’s your purpose? What’s your story? What will God do through you? Find out through the experiences of Nehemiah in this Life.Church Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, The Good Work.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's