NEHEMIA 5:1-5

NEHEMIA 5:1-5 AFR83

Sekere mense en hulle vrouens het 'n ernstige klag teen hulle Judese volksgenote ingebring. Party het gesê: “Ons, ons seuns en ons dogters is baie. Ons moet koring in die hande kry om te eet en te lewe.” Party het gesê: “Ons moes vanweë die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.” Party het gesê: “Ons moes geld leen om aan die koning die belasting op ons lande en ons wingerde te betaal. Ons en ons volksgenote, hulle seuns en ons seuns, is tog één, maar óns moet van ons seuns en ons dogters laat slawe word. Van ons dogters is al klaar slawe, en ons kan daar niks aan doen nie, want ons lande en ons wingerde is in ander se hande.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor NEHEMIA 5:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid