Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het. “Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi, maar as julle julle tot My bekeer en my gebooie gehoorsaam en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele aarde versprei. Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.’ “Hulle is u dienaars, u volk vir wie U met u groot mag en krag gered het. Ag, Here, luister tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit 'n vreugde is om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.” Ek was die koning se skinker.
Lees NEHEMIA 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: NEHEMIA 1:5-11
5 Dae
In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.
7 Days
You long to live a life of significance. But what if you’ve been going about it completely wrong? Find the answers in the memoirs of Nehemiah. From Pastor Caleb Anderson's new book "Favor with Kings."
7 days
You might not be able to change the whole world, but you can change your part of it. What’s your purpose? What’s your story? What will God do through you? Find out through the experiences of Nehemiah in this Life.Church Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, The Good Work.
8 Days
Join J.John on an eight-day study on the Lord’s Prayer, that incredibly profound and helpful teaching given by Jesus on how we should pray.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's