Toe stuur hulle 'n paar van die Fariseërs en van die Herodiane na Jesus toe om Hom met 'n vraag in 'n strik te vang. Hulle kom sê toe vir Hom: “Meneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid en so maak u die wil van God bekend. Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie? Moet ons betaal, of moet ons nie betaal nie?” Jesus het egter geweet dat hulle huigel en Hy het vir hulle gesê: “Waarom stel julle vir My 'n strik? Bring vir My 'n muntstuk dat Ek sien.” Hulle bring toe vir Hom een en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en naam is hierop?” “Die keiser s'n,” antwoord hulle Hom. Jesus sê toe vir hulle: “Gee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.” En hulle was stom van verbasing oor Hom.
Lees MARKUS 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 12:13-17
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's