MATTEUS 9:27-34

MATTEUS 9:27-34 AFR83

Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg. Hulle het aanhoudend geskreeu: “Ontferm U tog oor ons, Seun van Dawid!” Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” “Ja, Here,” antwoord hulle Hom. Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.” Hulle kon toe sien, maar Jesus het hulle baie streng beveel: “Hiervan moet niemand hoor nie.” Maar toe hulle daar weg is, het hulle in daardie hele omgewing van Hom vertel. Nadat die twee blindes die huis verlaat het, het die mense 'n man na Hom toe gebring wat stom was omdat hy in die mag van 'n bose gees was. Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie.” Maar die Fariseërs het gesê: “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy die bose geeste uitdryf.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 9:27-34

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid