Toe hulle naby Jerusalem kom en Betfage aan die Olyfberg bereik, het Jesus twee dissipels vooruit gestuur en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar 'n donkie kry wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. En as iemand vir julle iets daaroor sê, antwoord dan: Die Here het hulle nodig, en Hy sal hulle gou weer terugstuur.” Dit het gebeur sodat die uitspraak van die profeet vervul sou word: “Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op die vul van 'n pakdier.” Die twee dissipels het toe vooruit gegaan en gedoen wat Jesus hulle beveel het. Hulle het die donkie en die vul gebring, van hulle klere op die diere gesit, en Jesus het opgeklim. Die grootste deel van die skare het van hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takkies van die bome afgebreek en dit op die pad gestrooi. Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!” Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroering gekom en gevra: “Wie is hierdie man?” Die skare het geantwoord: “Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea!” Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit 'n rowersnes.” Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. Maar toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat in die tempel aanhou uitroep: “Prys die Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig. Hulle sê toe vir Hom: “Hoor jy wat sê hulle daar?” “Ja,” antwoord Jesus. “Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof sing ?” Toe het Hy hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betanië toe, waar Hy die nag gebly het.
Lees MATTEUS 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 21:1-17
4 Days
Do you do this? This opens doors and solves problems. This inspires others to do this, too—it’s the good kind of contagious. When they tell our life stories, we want them to put this at the top. We are hardwired for this. Because of what God did for us, This is What We Do.
8 dae
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's