MATTEUS 15:32-39

MATTEUS 15:32-39 AFR83

Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. En Ek wil hulle ook nie sonder kos huis toe stuur nie, want hulle kan miskien op pad beswyk.” Sy dissipels sê vir Hom: “Waar sal ons in hierdie verlate plek genoeg brood kry om so baie mense kos te gee?” “Hoeveel brood het julle?” vra Hy vir hulle. “Sewe,” antwoord hulle, “en 'n paar vissies.” Hy het gesê die mense moet op die grond gaan sit. Toe neem Hy die sewe brode en die visse en dank God daarvoor. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan die dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Almal het geëet en genoeg gekry. En die dissipels het nog sewe mandjies vol bymekaargemaak van die stukke wat oorgebly het. Daar was vier duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders. Daarna het Hy die mense huis toe gestuur, in die skuit geklim en na die gebied van Magadan vertrek.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid