Die skrifgeleerdes en die priesterhoofde het besef dat Jesus met hierdie gelykenis op hulle gesinspeel het. Daarom wou hulle Hom sommer daar en dan gevange neem, maar hulle was bang vir die volk. Hulle het hulle kans afgewag. Toe stuur hulle geheime agente wat hulle as opreg voorgedoen het, om Jesus op een of ander uitspraak te probeer vastrek sodat hulle Hom aan die owerheidsgesag van die goewerneur kon uitlewer. Hulle vra Hom toe: “Meneer, ons weet dat u in u prediking en onderrig regsinnig is. U let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid, en so maak u die wil van God bekend. Is dit reg dat ons aan die keiser belasting betaal, of is dit nie?” Maar Jesus het deur hulle slimstreek gesien en vir hulle gesê: “Wys vir My 'n muntstuk. Wie se kop en naam is daarop?” Hulle antwoord: “Die keiser s'n.” Toe sê Hy vir hulle: “Nou ja, gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.” Hulle kon dit nie regkry om Hom voor die volk vas te trek op iets wat Hy gesê het nie. En verwonderd oor sy antwoord, het hulle maar stilgebly.
Lees LUKAS 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 20:19-26
7 Days
Are you ready to start a life-changing journey? Walk with Jesus through Luke nineteen to twenty-four. Witness the establishment of God’s Kingdom on earth and Jesus’s final days on earth. Discover who Jesus is, why he came to earth, what his message was, and what he wants you to do. Your discovery will impact your family, friends, and community.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's