Op een van daardie dae, toe Jesus by die tempel besig was om die volk te leer en aan hulle die evangelie te verkondig, het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes saam met die familiehoofde nader gestaan en Hom gevra: “Sê vir ons, met watter gesag doen u hierdie dinge? Wie is dit wat u hierdie gesag gegee het?” Hy antwoord hulle: “Ek gaan julle ook iets vra, en julle moet My dan sê: Die doop van Johannes – kom dit van God of van mense af?” Hulle redeneer toe onder mekaar: “As ons sê: ‘Van God af,’ sal hy sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’ En as ons sê: ‘Van mense af,’ sal die hele volk ons stenig, want hulle is daarvan oortuig dat Johannes 'n profeet is.” Toe antwoord hulle dat hulle nie weet waar dit vandaan kom nie. Daarop sê Jesus vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.”
Lees LUKAS 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 20:1-8
7 Days
Are you ready to start a life-changing journey? Walk with Jesus through Luke nineteen to twenty-four. Witness the establishment of God’s Kingdom on earth and Jesus’s final days on earth. Discover who Jesus is, why he came to earth, what his message was, and what he wants you to do. Your discovery will impact your family, friends, and community.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's