Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis: “As iemand jou na 'n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy. Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor.’ Dan sal jy in die agting van al die gaste styg. Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.” Hy het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand 'n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie. Nee, as jy 'n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”
Lees LUKAS 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 14:7-14
5 dae
Hierdie leesplan is ideaal vir die hele gesin en sal lesers herinner aan die belangrikheid om die Here in alles wat hulle doen, in te sluit. Elke dagstuk sluit in die geleentheid om oor die dag te kan praat, ’n gedagte vir die dag, ’n gebed, ’n “doen saam” projek en ’n Bybelvers. Die inhoud is gebaseer op Ewald en Beatrix van Rensburg se “Nader aan God, nader aan mekaar”.
7 Days
Learn to define clearly your dreams for yourself. Identify the obstacles holding you back. Come up with a specific plan for reaching goals. Develop the tools that will help you act on the plan.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's