Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand sonder opset troueloos handel en teen die heilige dinge van die Here sondig, bring hy vir die Here as skuldoffer 'n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop. Die waarde van die ram as skuldoffer word in silwer bereken volgens die standaardgewig van die heiligdom. As die waarde te min is, betaal die persoon in wat hy nog aan die heiligdom verskuldig is, en voeg nog een vyfde by en gee dit aan die priester. Die priester doen vir die persoon versoening met die ram as skuldoffer, en sy sonde word hom vergewe. “As iemand sondig en teen een van die gebooie van die Here oortree, is hy skuldig al was hy nie bewus daarvan nie. Sy skuld rus op hom. Hy bring as skuldoffer 'n ram sonder liggaamsgebrek uit die kleinveetrop na die priester toe, volgens die vasgestelde waarde, en die priester doen vir die persoon versoening vir die onopsetlike sonde wat hy gedoen het en waarvan hy nie bewus was nie, en sy sonde word hom vergewe. Dit is die skuldoffer, die skuldoffer wat hy aan die Here bring.”
Lees LEVITIKUS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: LEVITIKUS 5:14-19
8 dae
Wanneer ons die offerandes van die Ou Testament soos opgeteken in Levítikus 1-7 bestudeer, sal dit goed wees as ons onsself daaraan herinner dat daar deur die OFFERANDES ’n weg tot God is – Christus is ons offerlam. Die offerandes was ’n kenmerk van die godsdiens van die volk Israel wat binne die raamwerk van die openbaring by die berg Sinai geskied het.
10 dae
Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. Leer meer oor die tabernakel en die gepaardgaande rituele.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's