“As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon. Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap: Ek sal die ongediertes uitroei en daar sal nie oorlog in julle land kom nie. Julle sal julle vyande verdryf en om die lewe bring. Net vyf van julle soldate sal honderd van die vyand op loop jaag, en net honderd van julle sal tien duisend op loop jaag. Julle sal hulle om die lewe bring. Ek sal vir julle goed wees en julle vrugbaar maak sodat julle 'n groot nasie sal word. So sal Ek my verbond met julle nakom. Julle sal nie eens 'n vorige seisoen se graan kan opgebruik nie, julle sal dit moet weggooi om plek te maak vir die nuwe oes. Ek sal by julle woon en nie 'n afsku van julle hê nie. Ek sal by julle bly en julle God wees, en julle sal my volk wees.
Lees LEVITIKUS 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: LEVITIKUS 26:3-12
2 Weeks
Jesus Himself said anyone who loves Him will obey His teaching. No matter what it costs us personally, our obedience matters to God. The "Obedience" reading plan walks through what the Scriptures say about obedience: How to maintain a mindset of integrity, the role of mercy, how obeying frees us and blesses our lives, and more.
27 dae
As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit die oënskynlike klein gebeure in ons lewens gering ag nie. Alles word deur God gebruik ten goede vir dié wat Hom liefhet, vir Sy glorie en vir die redding van ander.
30 dae
Reis "deur die Bybel" op kort reise terwyl jy 'n woord van God lees en leer, begin hier in die boek LevitikusHoe moet ons 'n heilige God nader? In aanbidding, opoffering en eerbied beantwoord Levitikus daardie vraag vir antieke Israel. Reis daagliks deur Levitikus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's