LEVITIKUS 23:5-8

LEVITIKUS 23:5-8 AFR83

“Op die veertiende van die eerste maand teen skemer moet julle die paasfees vier tot eer van die Here. Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet. Op die eerste dag moet julle 'n gewyde byeenkoms hou: julle mag dan geen werk doen nie. Sewe dae lank moet julle offers aan die Here bring. Die sewende dag moet julle weer 'n gewyde byeenkoms hou, en niemand mag werk nie.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid