“Jy mag nie jou naaste uitbuit of hom beroof nie. Jy mag nie 'n dagloner se loon terughou tot die volgende dag nie. Uit eerbied vir jou God mag jy nie 'n dowe vloek of 'n hindernis in die pad van 'n blinde lê nie. Ek is die Here. “Jy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie: jy mag nie partydig wees vir dié wat geen aansien het nie of die vooraanstaande bevoordeel nie. Oordeel regverdig oor jou naaste. Jy mag nie loop en skinder nie, jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here. “Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie. Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
Lees LEVITIKUS 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: LEVITIKUS 19:13-18
7 dae
Werk is deel van God se plan vir ons lewe. Daar is ongelooflike waardigheid in alle eerlike, menslike werk, want jou werk is ’n geleentheid om God en ander te dien. Ons moet egter altyd streef na die perfekte balans tussen ons ambisie en sin vir verantwoordelikheid, rus en die regte prioriteite. Hierdie 7 oordenkings is geneem uit 101 DAGSTUKKE VIR MANS.
30 dae
Reis "deur die Bybel" op kort reise terwyl jy 'n woord van God lees en leer, begin hier in die boek LevitikusHoe moet ons 'n heilige God nader? In aanbidding, opoffering en eerbied beantwoord Levitikus daardie vraag vir antieke Israel. Reis daagliks deur Levitikus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's