KLAAGLIEDERE 2:20-21

KLAAGLIEDERE 2:20-21 AFR83

Kyk tog, Here, let tog op aan wie U dit gedoen het: vrouens eet hulle eie kinders, kinders wat in teerheid versorg is; priesters en profete word doodgemaak in die heiligdom van die Here! Jonges en oues lê dood in die strate; jong vroue en jongmanne het deur die swaard geval. U het hulle neergevel op die dag van u toorn, U het 'n slagting aangerig en geen genade betoon nie.