JONA 4:1-4

JONA 4:1-4 AFR83

Hieroor was Jona baie ontevrede en hy het baie kwaad geword. Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is 'n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het. “Laat ek nou maar sterf, Here, want dit is vir my beter om te sterf as om te lewe.” Toe vra die Here vir hom: “Het jy rede om kwaad te word?”