Dit is die woord van die Here wat gekom het tot Joël seun van Petuel: Luister hierna, leiers van die volk, gee aandag, al die inwoners van die land! Het so iets al in julle tyd gebeur of in dié van julle voorvaders? Vertel dit aan julle kinders, en laat hulle dit weer aan húlle kinders vertel, en dié weer aan húlle nageslag! Wat nie deur die eerste sprinkaanswerm opgevreet word nie, word deur 'n volgende opgevreet; wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n derde, en wat nie deur dié opgevreet word nie, deur 'n vierde. Word nugter, dronkaards, en huil; kla oor die wyn wat julle nie meer sal kry nie, al julle wynsuipers! 'n Volk trek op teen my land; die volk is sterk en sonder getal; sy tande is soos dié van 'n leeu, sy kakebene soos dié van 'n leeumannetjie. Hy het my wingerd verwoes, my vyeboom afgebreek, dit kaalgestroop en laat lê; die lote se bas is afgevreet. Julle moet rou soos 'n bruid rou oor haar bruidegom. Die graanoffer en die drankoffer is weggeneem uit die huis van die Here. Die priesters wat in die diens van die Here staan, treur. Die weiding is weggevreet, die veld treur. Die koringoes is weggevreet, van die wyn het daar niks gekom nie; die olyfolie het verdwyn.
Lees JOËL 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOËL 1:1-10
9 dae
God stuur 'n plaag van sprinkane om Israel te oordeel, maar agter sy oordeel is 'n beskrywing van 'n profetiese toekomstige "dag van die Here" wanneer God uiteindelik Sy sê sê. Reis daagliks deur Joël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's