JOB 38:1-4

JOB 38:1-4 AFR83

Toe het die Here vir Job aangespreek uit 'n stormwind uit: “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie? Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het.