Toe die hemelwesens weer op 'n dag voor die Here kom staan, het die Satan ook tussen hulle voor die Here kom staan. Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?” En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.” Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom nou gesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad. Hy het vroom gebly, al het jy My daartoe gebring om hom sonder rede te ruïneer.” Die Satan sê toe vir die Here: “Dit bewys nog niks. 'n Man sal mos alles gee wat hy het, as hy net kan bly lewe. Maar raak nou net aan sy liggaam en kyk of hy U dan nie in u gesig vervloek nie.” Toe sê die Here vir die Satan: “Goed, hy is in jou mag. Net sy lewe mag jy nie neem nie.” Die Satan het van die Here af weggegaan en vir Job met pynlike swere getref, van sy kop tot sy tone. Job het op 'n ashoop gaan sit en hy het 'n potskerf gevat en hom daarmee gekrap. En sy vrou het vir hom gesê: “Bly jy nog steeds vroom? Vervloek God en sterf!” Toe sê hy vir haar: “Jy praat nou soos 'n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?” Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.
Lees JOB 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOB 2:1-10
7 Days
Suffering is the one experience which binds all of humankind together. But why does it exist? What purpose does it serve? Like so many of us, Job was a person who didn’t deserve the immense pain that entered his life. It was at his lowest point when God showed up and provided one of the most challenging and powerful answers to the problem of pain the world has ever heard.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's