JOB 10:1-7

JOB 10:1-7 AFR83

“My hele lewe walg my, daarom wil ek aan my klag vrye teuels gee en in my bitterheid praat. Ek wil vir God sê: Moet my tog nie skuldig verklaar nie, maak aan my bekend waarom voer U hierdie stryd teen my. Vind U dit goed om my te laat swaar kry, om wat U gemaak het, met veragting te behandel, maar die planne van die goddeloses met sukses te bekroon? Kyk U met die oë van 'n mens? Sien U dinge soos 'n mens hulle sien? Gaan u dae verby soos dié van 'n mens, u jare soos sý jare, dat U rekenskap eis vir my oortredinge, dat U verantwoording vra vir my sonde? “U weet dat ek nie skuldig is nie, maar niemand kan my uit u hand red nie.