maar Jesus het na die Olyfberg toe gegaan. Die volgende môre vroeg was Hy weer in die tempel en die hele volk het na Hom toe gekom. Hy het gaan sit en hulle geleer. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?” Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.” Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” “Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Lees JOHANNES 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 8:1-12
5 Days
If we want to share Jesus with others, we’ve got to live like Him, love like Him, and listen like Him. In this 5-day Plan, we’ll take a closer look at the life of Jesus to discover how we should live our lives.
With eight billion people living in the world, there’s no one who will completely agree with you on everything. Our viewpoint on social injustices, politics, current events, and religion is uniquely ours. But even in our differences, we can and should find common ground. In this 5-day Plan, you’ll learn how to love, respect, and empathize with people by speaking truth with grace and gentleness.
5 Dae
Jy het waarskynlik al die woord “genade” gehoor, maar wat beteken dit werklik? Hoe kan God se genade ons red en ons lewens verander? Ontdek hoe hierdie ongelooflike genade ons ontmoet waar ons is en ons lewensverhale herskep.
6 Dae
… ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is …2 Joh 1:2. Almal het genesing nodig en is op ‘n reis na heling. Die doel van die reeks is om in kontak te kom met ons eie gebrokenheid en siek-wees en te draai na Jesus as ons Geneesheer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's