Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring. Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.” Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis. Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is. Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” Jesus vra hom weer 'n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.” Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.” Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!”
Lees JOHANNES 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 21:7-19
3 Days
This 3-day reading plan written by Rev, Samuel Rodriguez focuses on our spiritual hunger, and recognizing that our souls require nourishment on a regular basis. No matter how often we pray, how many Bible passages we study and memorize, how frequently we attend church events or serve those in need, there’s always room to grow closer to God.
4 Dae
Yeshua se liefde word opgesom in elke asemteug, want sonder Hom weet ons nie eens waar ons volgende asem vandaan sal kom nie. Kyk hoe sorg Hy vir die voëltjies en die blomme van die veld — is ons dan nie baie meer werd as hulle nie? Die werklike vraag is: waar in jou lewe is daar ’n gemaksone of posisie wat jy dalk méér liefhet? En is jy bereid om daardie plek prys te gee? Kom saam, en neem ’n sprong van geloof agter Yeshua aan.
7 Days
Too many of us walk through life feeling as if we don't measure up. We always seem to thirst for more. We think if we could only work harder or be better, we could be enough. But the truth is, we will never be enough. And thankfully, we don't have to be. In Proven, Jennie Allen walks through the Book of John to demonstrate how only Jesus is enough.
10 Days
What if we don’t have to travel far to get close to people who are distant from God? What if Christians were the best neighbors? Would your street change? Would heaven be fuller? A long time ago, a religious leader asked Jesus how to get into heaven. Jesus answered with a question, then the story of the Good Neighbor. No surprise, 2000 years later Jesus’ story still explains how to neighbor. Join Pastor Craig Groeschel and Life.Church in a practical, story-filled guide to meeting your neighbors and loving them as yourself. But don’t just read it—live it!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's