Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.” “Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom. Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie. Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Hy is nie. Jesus vra toe vir hulle: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?” “Nee,” antwoord hulle Hom. Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.” Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie. Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring. Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.” Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis. Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek is.
Lees JOHANNES 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 21:1-14
3 Days
This 3-day reading plan written by Rev, Samuel Rodriguez focuses on our spiritual hunger, and recognizing that our souls require nourishment on a regular basis. No matter how often we pray, how many Bible passages we study and memorize, how frequently we attend church events or serve those in need, there’s always room to grow closer to God.
4 Dae
Yeshua se liefde word opgesom in elke asemteug, want sonder Hom weet ons nie eens waar ons volgende asem vandaan sal kom nie. Kyk hoe sorg Hy vir die voëltjies en die blomme van die veld — is ons dan nie baie meer werd as hulle nie? Die werklike vraag is: waar in jou lewe is daar ’n gemaksone of posisie wat jy dalk méér liefhet? En is jy bereid om daardie plek prys te gee? Kom saam, en neem ’n sprong van geloof agter Yeshua aan.
10 Days
Peter was just a fisherman from backwater Galilee, but he was pursued by Jesus and became the rock upon which the church was built. He witnessed the pivotal moment of the cross and empty tomb. Join author Daniel Darling on this 10-day plan to discover the life of Simon Peter, an unlikely character caught up in the story of Jesus.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's