Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. “Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: “Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s'n wat My gestuur het. “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.
Lees JOHANNES 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 14:16-27
4 dae
Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.
5 Days
The world’s peace is different from God’s peace. Worldly peace is temporary and dependent upon circumstances. God’s peace offers a permanent solution, which is salvation through Jesus and His presence in our lives. In this Plan, we’ll dive into what God’s peace truly means and how we can experience it in our lives.
5 dae
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's