JOHANNES 10:22-24

JOHANNES 10:22-24 AFR83

Dit was daardie tyd die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. Jesus het in die tempel in die Pilaargang van Salomo geloop. Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou? As u die Christus is, sê dit reguit vir ons.”