Daar was 'n man wat deur God gestuur is. Sy naam was Johannes. Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom. Hy was self nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wêreld toe. Hy wás in die wêreld – die wêreld het deur Hom tot stand gekom – en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Johannes getuig van Hom en roep uit: “Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar.” Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak. Die Jode het priesters en Leviete van Jerusalem af na Johannes toe gestuur om hom te vra: “Wie is jy?” Toe het hy hierdie getuienis afgelê
Lees JOHANNES 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 1:6-19
5 Days
My new song "Known" is really meaningful to my faith journey. My desire is that one day we will all be willing to walk from hopelessness to hope, from hurt to healing, from the struggle to surrender—that we will look around the room, beneath the cross, seeing each other and hearing Jesus tell us that we're not alone. Thank you for joining me on this journey. -Tauren Wells
Need more of God's grace, favor, and blessing? Then pray these five simple prayers of humility, asking the Lord to favor you and help you. He will answer your prayer; He gives grace to the humble! And if you humble yourself before the Lord, He will lift you up.
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.
Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer ken soos Hy werklik is.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's