JEREMIA 31:1-6

JEREMIA 31:1-6 AFR83

Daardie tyd, sê die Here, sal Ek die God van al die stamme van Israel wees, en hulle sal my volk wees. So sê die Here: Israel, die volk wat aan die swaard ontkom het, is begenadig in die woestyn, hy sal na sy rusplek toe kom. Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. Ek sal aan jou kinders gee, Israel, jy sal kinders in die wêreld bring. Jy sal weer jou tamboeryne dra, jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is. Jy sal weer wingerde plant op die Samariaberge, die boere sal dit plant en die vrugte daarvan geniet. Die dag het aangebreek, die dag waarop dié wat wag staan, op die Efraimsberge sal roep: “Kom ons gaan na Sion toe, na die Here ons God toe.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid