JEREMIA 20:14-18

JEREMIA 20:14-18 AFR83

Vervloek is die dag waarop ek gebore is, die dag waarop my ma my in die wêreld gebring het; mag dié dag altyd sonder seën wees. Vervloek is die man wat vir my pa die berig gebring het: “Jy het 'n seun,” 'n berig wat hom baie bly gemaak het. Mag dit met daardie man gaan soos met die stede wat so genadeloos deur die Here verwoes is, mag daardie man angskrete hoor in die môre, oorlogskrete op die helder middag, omdat hy my nie doodgemaak het voor ek gebore is sodat my ma my graf kon gewees het en sy nooit in kraam kon kom nie. Waarom is ek gebore net om ellende en pyn te beleef en my lewe lank verneder te word?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid