JESAJA 62:11-12

JESAJA 62:11-12 AFR83

Die Here kondig dwarsoor die wêreld aan: “Sê vir Sion: Hy wat jou red, kom! Sy volk wat Hy Syne gemaak het, is by Hom, dié wat aan Hom behoort, loop voor Hom uit.” Hulle sal genoem word: “Gewyde volk, volk wat deur die Here verlos is.” En jy, Jerusalem, sal genoem word: “Gewilde stad, stad wat nie verlate lê nie.”