Ellende wag vir julle wat huis na huis inpalm, die een plaas na die ander in die hande kry, totdat daar geen plek vir ander oorbly nie en net julle grondeienaars in die land is. Ek het die Here die Almagtige 'n eed hoor neem: Die baie huise, so groot en mooi, sal murasies word, sonder bewoners. 'n Wingerd waaraan tien dae lank geploeg word, sal net een mandjie druiwe oplewer, en 'n sak saad net een kruik vol graan. Ellende wag vir dié wat vroeg in die môre opstaan om agter sterk drank aan te loop en hulle tot laataand dronk te drink aan wyn. Daar is liere en harpe, tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye. Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie, sy dade sien hulle nie raak nie.
Lees JESAJA 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 5:8-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's