Omdat my volk My nie wil ken nie, sal hulle in ballingskap weggevoer word. Volk en leiers sal saam van honger sterf, omkom van dors. Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle, hy sper sy bek groot oop. Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg, die hele rumoerige gepeupel. So word mense verneder en kom hulle tot 'n val. So kom hoogmoed tot 'n val. Die Here die Almagtige is verhewe, Hy laat reg geskied; die heilige God laat Hom ken as die Heilige, Hy oordeel regverdig. Op die puinhope sal lammers wei asof hulle op hulle eie weiveld is, skape sal rustig daar vreet.
Lees JESAJA 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 5:13-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's