JESAJA 49:13-18

JESAJA 49:13-18 AFR83

Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die Here het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was. Sion sê: “Die Here het my verlaat, die Here het my vergeet.” Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my. Jou kinders kom binnekort, en dié wat jou verwoes en verniel het, sal uit jou uit padgee. Kyk rondom jou en sien wat gebeur, al jou kinders kom bymekaar en hulle kom na jou toe.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid