JESAJA 4:2-6

JESAJA 4:2-6 AFR83

Daardie dag sal alles wat die Here laat uitspruit, mooi en weelderig wees. Dié uit Israel wat vrygekom het, sal trots wees op die opbrengs van die land en hulle daarin verlustig. Wie in Sion oorgebly het, wie in Jerusalem bewaar gebly het, elkeen in Jerusalem wat vir die lewe opgeskryf is, sal heilig genoem word. Die Here sal die inwoners van Sion reinig van hulle wandade en Hy sal die bloed wat aan die hande van Jerusalem kleef, verwyder deur die Gees wat oordeel en verteer. Dan sal die Here bedags 'n wolk en snags die rook en glans van 'n vlammende vuur skep oor elke woonplek op Sionsberg en oor al die bymekaarkomplekke daar. Sy magtige teenwoordigheid sal alles beskut. Daar sal 'n skuiling wees, 'n skaduwee teen die hitte bedags, 'n skuilplek en toevlug teen stortbuie en reën.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid