Die Here die Almagtige het 'n dag bepaal teen al wat trots en hoog is, teen alles, hoog en laag, teen al die hoë en verhewe seders van die Libanon en teen al die groot bome van Basan; teen al die hoë berge en teen al die steil rante; teen elke hoë toring en teen elke skansmuur; teen al die handelskepe en teen al die vaartuie vol kosbaarhede. Die hoogmoediges sal verneder word, die selfversekerdes sal tot 'n val kom. Op dié dag sal net die Here hoog wees. Die afgode sal heeltemal verdwyn. As die Here die aarde begin skud, vlug die mense in grotte in die rotse en in gate in die grond in vir die verskrikking wat van Hom kom en vir die glans van sy majesteit. Daardie dag sal die mense die afgode van silwer en goud wat hulle gemaak het om voor te buig, weggooi vir die rotte en die vlermuise. As die Here die aarde begin skud, sal hulle die rotsholtes en die klipskeure invlug vir die verskrikking wat van Hom kom en vir die glans van sy majesteit. Moenie op mense staatmaak nie: hulle blaas so maklik die laaste asem uit. Hulle is min werd.
Lees JESAJA 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 2:12-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's