JESAJA 14:9-19

JESAJA 14:9-19 AFR83

Die doderyk daaronder kom in beroering omdat jy soontoe kom. Dié wat reeds daar is, word wakker gemaak, almal wat leiers op aarde was; almal wat konings van nasies was, moet van hulle trone af opstaan. Almal begin praat, hulle sê vir jou: “Jy is nou net so swak soos ons, jy het soos ons geword!” Jy het met jou hoogmoed, met die klank van jou harpmusiek en al in die doderyk beland. Jy lê tussen die maaiers, jy is oortrek van die wurms. Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat 'n oorwinnaar van nasies was, is in die grond in verpletter. En dit jy, jy wat gedink het: ek klim op hemel toe, ek gaan my troon neersit bokant die hoogste sterre, ek gaan my plek inneem op die berg waar die gode mekaar ontmoet, ver in die noorde; ek klim op tot bokant die wolke, ek word soos die Allerhoogste self. Maar jy stort af in die doderyk, af tot in sy diepste deel. Dié wat jou daar sien, sal jou aangaap, hulle sal jou bekyk en vra: “Is dit die man wat die aarde laat bewe het, wat koninkryke laat wankel het, die man wat die wêreld onbewoon gemaak het en die stede vernietig het, die man wat sy gevangenes nie vrygelaat het om terug te gaan huis toe nie?” Al die konings van die nasies is met eer begrawe, elkeen in sy eie graf. Maar jý word nie begrawe nie, jy word weggegooi soos 'n boomtak wat klaar vrot is. Jy lê toe onder die lyke van dié wat doodgesteek is. Jy is soos dooie aas wat vertrap word. Ander word begrawe in grafte in die rots

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 14:9-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid