Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is. As daar aan die eerste verbond niks kortgekom het nie, sou 'n tweede nie nodig gewees het nie. Maar God bestraf die volk oor hulle tekortkoming deur te sê: “Kyk, daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit. Die nuwe verbond sal nie wees soos dié wat Ek met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie, want hulle het nie my verbond gehou nie, en Ek het hulle verwerp, sê die Here. Dít is nou die verbond wat Ek met Israel na daardie dae sal sluit, sê die Here: Ek sal hulle my wette in die verstand gee, op hulle harte sal Ek dit skrywe; Ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees. Dan hoef niemand meer sy medeburger te leer en vir sy broer te sê: ‘Jy moet die Here ken’ nie. Hulle almal, klein en groot, sal My ken. Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie.” Deur van 'n nuwe verbond te praat, het God die eerste oud verklaar, en wat oud word en uitgedien raak, sal gou verdwyn.
Lees HEBREËRS 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 8:6-13
6 Days
We read in God’s Word that without the shedding of blood, there can be no forgiveness. And obedience is better than sacrifice. The manifestation of these words play out when Jesus’ obedience led to the shedding of His blood and the ultimate sacrifice is made – for us! This is Plan Five of Nine of the book of Hebrews where we see that although salvation is free for us, there was a great cost that Jesus paid.
8 Dae
In hierdie leesplan, "Sy Glorie, My Storie: 'n Studie van Sy Heerlikheid in Hebreërs", verken ons ons identiteit in Christus, hoe om in en vanuit God se teenwoordigheid te leef, God se verklarings oor ons identiteit en reinheid, en wat dit beteken om as geloofshelde te leef, bemagtig deur God se heerlikheid om die wêreld vir sy koninkryk te beïnvloed.
10 dae
Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. Leer meer oor die tabernakel en die gepaardgaande rituele.
25 Dae
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's