So het Christus Hom ook nie die waardigheid van Hoëpriester toegeëien nie, God het dit vir Hom gegee toe Hy gesê het: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader.” En op 'n ander plek sê Hy: “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.” Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek. In verband hiermee het ons baie te sê wat moeilik is om aan julle te verduidelik, aangesien julle so traag is om te leer.
Lees HEBREËRS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 5:5-11
4 Dae
Die meeste van ons is nie vertroud met die rol van ʼn hoofpriester nie, so wanneer Jesus so beskryf word in die Woord kyk ons dit maklik mis – dit is net nog een van sy vele titels. Godfrey Mmagawo sien dit egter heeltemal anders. In hierdie 4-dag leesplan verduidelik hy hoe ʼn skynbaar onbelangrike stukkie Joodse kultuur groot implikasies het vir hoe ons deesdae met kultuur omgaan.
7 Days
The Bible is one of the most influential books of all time, but it can seem overwhelming to know how to understand it and what to do with it. This 7-day Bible study will help break down what the Bible is, why it matters, and how you can understand it today. We’ll also discover how you can put God’s Word in action in His world.
8 Days
What is rest? What does it mean to enter into God’s rest? What exactly are we resting from? As we journey through Part Two of Nine devotional plans walking us through the book of Hebrews, we discover how God defines rest, how we enter this rest and how we grow from this position of rest.
8 dae
Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's