Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het. Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie. En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete. Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag. Vroue het hulle dooies teruggekry, opgewek uit die dood. Ander gelowiges wou nie die prys vir hulle eie vrylating betaal nie en is doodgemartel; hulle wou die opstanding tot 'n beter lewe deelagtig word. Ander weer het bespotting en lyfstraf verduur, selfs boeie en gevangenskap. Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel. Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe. En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie
Lees HEBREËRS 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 11:30-39
4 Days
Do you ever just feel flat? You’re not alone—even King David ran out of joy. Start reading part five of the six-part Stay Positive series and rekindle your enthusiasm.
Overcoming difficult seasons can feel impossible when you’re going through them. But thankfully, God is able to do more than what we ask or imagine. In this 4-day plan, discover how God can redeem your pain and disappointment and give it purpose.
5 Days
Something in you believes the impossible. Something in you daydreams about a miracle. Something in you knows you were made to live a life of crazy faith. In this five-day devotional, Pastor Michael Todd will be your guide on a faith journey as he helps you gain a new perspective on God’s plans for you: a future you’ve barely dared to imagine.
6 Days
When we travel abroad, we need to make sure we have the right currency to trade with. Faith can be likened to Kingdom currency. We cannot trade in the Kingdom of Heaven unless we have faith. Plan Seven of Nine devotional plans taking us through Hebrews shows us just how key faith is in our daily walks with God. How does your faith account look?
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's