HAGGAI 1:2-4

HAGGAI 1:2-4 AFR83

So sê die Here die Almagtige: Hierdie volk sê dit is nie nou die tyd om die tempel te herbou nie. Toe het die woord van die Here weer deur die profeet Haggai gekom: Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?