GENESIS 6:1-4

GENESIS 6:1-4 AFR83

Toe die mense baie begin word het op die aarde en daar vir hulle dogters gebore is, het die hemelwesens gesien die dogters van die mense is mooi en het hulle getrou met die dogters van hulle keuse. Toe sê die Here: “My Gees sal nie meer so lank in die mens bly nie, want hy is sterflik. Sy lewensduur sal nou honderd en twintig jaar wees.” In daardie tyd was daar reuse op die aarde, en ook daarna wanneer die hemelwesens na die dogters van die mense toe gekom en kinders by hulle gehad het. Hulle was die sterk mense van die ou tyd, die manne van naam.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid