Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen. Daarna het Josef die dokters in sy diens beveel om die lyk van sy pa te balsem. Hulle het toe vir Israel gebalsem. Dit het veertig dae gevat om 'n lyk te balsem, en Egipte het sewentig dae lank oor Jakob gerou. Toe hierdie routyd verby was, het Josef vir die amptenare van die farao gesê: “As julle my goedgesind is, praat dan tog met die farao en sê vir hom my vader het my 'n eed laat aflê dat ek hom, wanneer hy eendag sterf, sal gaan begrawe in die graf wat hy vir hom in Kanaän reggemaak het. Ek wil hom nou gaan begrawe en dan sal ek terugkom.” Die farao het geantwoord: “Gaan, en begrawe jou vader soos hy jou met 'n eed laat beloof het.” Josef is toe weg om sy pa te gaan begrawe. Al die amptenare van die farao, die raadgewers van die paleis en die leiers van Egipte is met hom saam, die hele familie van Josef en sy broers en die familie van sy pa is ook saam. Net die kinders, die kleinvee en die grootvee het in die Gosenstreek agtergebly. Waens en perde is met Josef saam. Dit was 'n baie groot stoet. Toe hulle by die dorsvloer van Atad oos van die Jordaan kom, het hulle sewe dae lank daar getreur en gerou oor hulle pa. Hulle het baie getreur oor hom. Die mense van Kanaän het hulle daar by die dorsvloer van Atad sien rou en gesê: Egipte is swaar in rou. Daarom noem hulle hierdie plek aan die oostekant van die Jordaan Abel-Misrajim .
Lees GENESIS 50
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 50:1-11
6 Days
In this small group study Dr. Tony Evans uses the epic faith, life, and career of Joseph to teach that God is more interested in your development than your arrival. Like Joseph, a kidnapped and enslaved boy who grew up to save an empire, the obstacles and obstructions in your life can lead to real accomplishments. Granted, detours are anything but convenient. They take you out of the way. They are longer than you originally had planned to travel. But they are necessary. God allows detours in your life because He cares more for your character than your comfort, more for your purity than your productivity. He cares about your destiny!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's