Toe Ragel merk dat sy nie vir Jakob kinders in die wêreld bring nie, het sy jaloers geword op haar suster. Ragel het vir Jakob gesê: “Gee vir my seuns, anders sterf ek.” Jakob het hom vererg vir Ragel en vir haar gevra: “Kan ek God se werk oorneem? Dit is Hy wat sorg dat jy nie swanger word nie.” Ragel het vir hom gesê: “Hier is my slavin Bilha. Hou gemeenskap met haar sodat sy haar kind op my knieë in die wêreld kan bring en ek deur haar 'n kind kan hê.” Ragel het vir Bilha aan Jakob gegee as vrou en hy het met haar gemeenskap gehad. Sy het swanger geword en vir Jakob 'n seun in die wêreld gebring. Toe sê Ragel: “God het in my guns uitspraak gelewer, Hy het my gebed verhoor en vir my 'n seun gegee.” Daarom het sy hom Dan genoem. Bilha die slavin van Ragel het weer swanger geword en 'n tweede seun vir Jakob in die wêreld gebring. Ragel het toe gesê: “Ek was in 'n bitter swaar stryd gewikkel met my suster, maar ek het gewen.” Toe noem sy die seun Naftali .
Lees GENESIS 30
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 30:1-8
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's